Lus vir lekker rus? Kom kuier gerus by ons plek hier langs die kus. Gerieflik geleë in De Kelders, Gansbaai, naby winkels en Stanford’s Cove, bied Skillies en Skulpies iets vir almal. Kom ervaar die prag en saligheid van Walkerbaai in veilige en gemaklike akkommodasie.

Twee gerieflik gemeubileerde slaapkamers met dubbelbeddens, ‘n volledige badkamer, leefarea en kombuis met yskas, oond, stoof, mikrogolf, ketel, wasmasjien en braaigeriewe. ‘n Afsonderlike buitekamer met twee enkelbeddens en badkamer met toilet, wasbak en stort. Enkel motorhuis en veilige parkering.


Chris: 082 337 8401 / 082 465 3556